Loki Rothman en Albert Frost – Akoestiese Kitaar

Albert Frost is bekend vir sy ongelooflike blues kitaarspel en Loki vir blues, jazz, klassieke en kontemporêre musiek.

Die kitare dryf mekaar aan met harmonieuse spel en wissel van die diep klanke van Albert se twaalf-snaar tot Loki se tipiese perkussie op die bakwerk van sy kitaar. Jy sal nie glo wat hierdie twee mense met ’n kitaar kan vermag nie.

’n Moet-sien by Aardklop na ’n uitverkoopte landswye toer.

Met: Loki Rothman en Albert Frost

Roots Intieme Teater, 25, 26 Sept 10:00, 26 Sept 18:30, R150, 60 min, Kontemporêr, Gesin, Afr, Eng

KLIK HIER VIR KAARTJIES