Moord op die 8ste gat

In ’n land vol misdaad verkies baie Suid-Afrikaners om na veiligheidskomplekse te vlug – in hierdie geval die Kalagarie Gholflandgoed. Hierdie komedie beeld die lewe van drie tipiese voorstedelike vrouens uit. Hulle verhoudings, kinders en sowaar ook ’n gruwelike moord! Woon die moordenaar dalk in die Toskaanse villa langsaan?

Met: Augusta Zietsman Teks: Augusta Zietsman Stelontwerp, Verhoogbestuur en Regie: Reghardt Visser

ATKV-Heimat Saal, 25 Sept 20:00, 26 Sept 10:00, 27 Sept 12:30, 28 Sept 15:00, R110, 40 min, Komedie, Geen o/13 (T), Afr

AKTIVEER: Met hierdie nuwe projek bied ons vir die die jong Turke, die vrylopers, voorlopers, en avontuurlustige Mavericks ’n platform. Die doel hiervan is verder ook om ’n geleentheid skep vir jonger teatermakers wat klop aan die deur – almal het immers iewers begin. Kom kyk gerus – dalk sien jy die volgende Anna-Mart of Tinarie vir die eerste keer in aksie. Hopelik nie die volgende Snorseun of Dolla nie – een van elk is reeds ’n handvol, of hoe? – Ondersteun deur ATKV

KLIK HIER VIR KAARTJIES