My Miriam Makeba Story

Die Kanna-wenner Sima Mashazi het die rol van ’n jong MiriamMakeba vertolk in die internasionale musiekblyspel, Mama Africa.

Hierdie produksie bring hulde aan ’n historiese figuur wat bekend was vir haar vermoë om die werklikheid met haar lirieke te verweef, om massas te inspireer en nuwe hoop te gee te midde van haar eie worstelinge en uitdagings.

Sien uit na wêreldbekende treffers soos Click Song en Pata Pata.

Met: Sima Mashazi en Ramon Alexander (pianis) Musiek: Miriam Makeba en Sima Mashazi Musiekregie: Ramon Alexander Vervaardiger: Iluminar Produksies Ondersteun deur: ClemenGold Gin

Roots Intieme Teater, 27, 28 Sept 10:00, 27 Sept 16:00, R140, 75 min, Musiekteater, Gesin, Verskeie tale

KLIK HIER VIR KAARTJIES