My naam is Prins, ek slaap met die lig aan

Corinne Prinsloo, ’n kliniese sielkundige, se huwelik is nie meer wat dit was nie.

Haar domineeman, Frank, kruip al hoe vroeër in die studeerkamer met sy whiskeybottel weg.

Wanneer Deon, ’n oudpasiënt, haar nader om saam met hom ’n pelgrimstog te onderneem na die dorp van sy kinderjare, word sy voor ’n belangrike keuse geplaas. Begelei sy Deon terug na die trauma van sy verlede, of kom sy agter die kap van haar eie huishoudelike probleme?

Die skrywer vra skreiende dapper vrae.

Wat beteken dit om ’n goeie man te wees? Hoe raak ’n mens ontslae van die verlede? En bowenal, hoe genees jy veertig jaar later die pyn van ’n klein seuntjie genaamd Prins?

Met Christine Barkhuizen-le Roux en Deborah Steinmar (gespreksleier)

13:30