’n Non, ’n Prins en ’n Spook stap in ’n kroeg!

’n Program met gewilde musiek uit Broadway-teatergunstelinge: onder meer musiek uit The Phantom of the Opera, Les Misérables, West Side Story, The Sound of Music en Wicked.

Conroy Cupido (dubbele Fiëstas-genomineerde) lei die sterbelaaide sanggroep, met Magdalene Minnaar wat as gaskunstenaar die gehoor betower.

Begelei deur ’n orkes van 22 lede.

Met: Conroy Cupido, Magdalene Minnaar, NWU sangstudente en ad-hoc orkes Dirigent: André Oosthuizen Tegniese en musiekregie: Glen Cunnif Verhoogbestuur: Chris de Bruyn Verwerkings: Pieter de Bruin Projeksieontwerp: Héniel Fourie Choreografie: Chris Steyn Vervaardiger: NWU Kunste en NWU Skool vir Musiek Ondersteun deur: Noordwes-Universiteit

Snowflake 26 Sept 16:00, 27 Sept 14:00, R140 / R100 (pensioenarisse), 60 min, Klassiek, Kontemporêr Gesin

KLIK HIER VIR KAARTJIES