Nagmusiek (Night Music)

Nagmusiek is ’n visuele ervaring wat klank integreer. Die werke in hierdie uitstalling is visuele voorstellings van emosies, idees, stories of begrippe na aanleiding van musiek van Strauss, Schubert, Fauré en Berlioz. Kunstenaars het nie die vertalings van die tekste of kunsliedere ontvang nie en moes bloot die musiek as inspirasie gebruik.

Tydens die uitstalling sal feesgangers die poësie kan lees en na die liedere kan luister. Bring asb. oorfone en selfone saam.

Nagmusiek incorporates sound. The works presented in this exhibition are visual representations of emotions, ideas, stories or concepts elicited from the music of Strauss, Schubert, Fauré and Berlioz. Artists were not provided with the translations of the texts and had to rely solely on the music as inspiration.

During the exhibition attendees will be able to read the poetry and listen to the music. Bring along a pair of earphones and your cellphone.

Kunstenaars / Artists: Marna de Wet, Kevin du Plessis, Jean Lampen & Elna Venter Venue: Alumnisaal / Alumni hall