Non met vakansie

Anna het op 18 as Afrikaanse, Protestantse middelklasmeisie geroepe gevoel om ’n non te word.

Nou, in haar veertigerjare, is sy ontnugter. Was ’n lewe van opoffering die moeite werd?

Sy wil haar kop skoon kry en gee pad na ’n eiland aan die Portugese kus. Daar ontmoet sy vir Drikus, ’n Afrikaanse man in sy vroeë dertigs wat wou wegvlug van die dolle gejaag en sy gebroke huwelik.

Hy lei nou ’n geluksalige lewe as grapmaker en partytjiedier wat die lewe nie te ernstig opneem nie. Tot die non met vakansie opdaag.

Met: Lizz Meiring en Wynand van Vollenstee Regie: Gert van Niekerk Teks: Lizz Meiring Stelontwerp: Fanus van Deventer Verhoogbestuur: Yvette Hanekom Kostuumontwerp: Hollywood Costumes Fotografie: Empire Photography Vervaardiger: Artist Warehouse en Green Room Industries

Banketsaal, 24 Sept 09:30, 25 Sept 14:00, 28 Sept 14:00, 26 Sept 12:30, 27 Sept 13:30, R140, 70 min, Komedie, Geen o/14 (T), Afr

KLIK HIER VIR KAARTJIES