Noorman

Dit is die kind, Louisa, wat sy lewe red as hy in die kloof skuiling soek na daardie vreesaanjaende aand.

Louisa doop hom “Noorman” by die watervalle, waar sy hom van sy vorige lewe as skeepskaptein en soldaat in die Eerste Wêreld-oorlog probeer bevry.

Mettertyd word Louisa en die ander inwoners van die omgewing, ’n onafskeidbare deel van sy lewe.

Met Noorman blaas SD Fourie, geliefde skrywer van Die Lanternswaaier en verskeie radio-dramas, lewe in die ryk geskiedenis van die Strandveld.

Met SD Fourie en Ilse Salzwedel (gespreksleier)

Vrydag 27 September, 12:00