Schalkie en Cassie hou konsert!

Die een is ’n lewende legende en ikoon as dit by Afrikaanse stand-up-komedie kom. Die ander is die opwindendste jong stem in Suid-Afrikaanse stand-up.

Verwag ’n kragtoer van die twee karnallies op hulle beste. Hierdie twee puik komediante se splinternuwe produksie bevat hulle beste materiaal, apart en saam op die verhoog.

Daar is ook skreeusnaakse interaksie met die gehoor. Schalkie en Cassie hou konsert en jy is genooi!

Met: Schalk Bezuidenhout en Casper de Vries Verhoogbestuur: Erns Grundling Vervaardiger: Erns Grundling

Snowflake, 25 Sept 20:00, R120 / R80 (vir studente), 70 min, Skerpskerts, Geen o/14 (T), Afr

KLIK HIER VIR KAARTJIES