Sushi en shosholoza

Erns Grundling reis na Japan, die land waar die Rugbywêreldbeker 2019 plaasvind, om ’n nuwe Elders-reeks te gaan verfilm.

Tussen pelgrimstogte soos die Kumano Kodo, die uitklim van Mount Fuji en onderhoude met SA-rugbyspelers, kry lesers terugflitse na Erns se jeug.

Van ’n laaitie wat OP se wedstryde op die ou Boet Erasmusstadion ademloos volg, tot vandag se Erns wat stomgeslaan in sy Brave Blossoms-rugbytrui sit en kyk hoe Japan nou éintlik ’n rugbywedstryd hanteer.

Met Bennie Fourie, PJ Roux en video-instelsel deur Erns Grundling

Woensdag 25 September, 12:00