Tien duisend ton

Hoe diep is die voetspoor wat ons op die aarde agterlaat? Hoeveel weeg ’n kind? Hoe bring ’n mens ’n nuwe lewe in die wêreld in ’n era van politieke onrus, klimaatsverandering en ’n oorheersende gevoel van wanhoop?

’n Man en vrou oorweeg ’n baba, maar worstel met die impak wat dit kan hê – nie net op hulle eie lewens nie, maar ook op die wêreld as geheel.

Maar alles is nie net swarigheid nie: “Tien duisend ton” is ’n tragikomedie oor die verrassende verloop van ’n verhouding, oor familie, verandering, hoop en verraad.

Met: Cintaine Schutte en Albert Pretorius Teks: Duncan MacMillan Verhoogbestuur: Carel Nel Stelontwerp en Regie: Nico Scheepers Vervaardiger: Carel Nel in opdrag van die US Woordfees Ondersteun deur: kunsStig

ATKV-Aardklop Atrium A POK, 24, 26 Sept 10:00, 25, 27 Sept 14:00, 28 Sept 13:00, R150, 80 min, Geen o/16 (T,S), Tragikomedie, Afr

KLIK HIER VIR KAARTJIES