Van Bach tot Bohemian Rhapsody

Koormusiek in Suid-Afrika floreer op nasionale en ook internasionale vlak.

Kore uit verskeie dele van ons mooi land het talle goue medaljes ingepalm tydens verlede jaar se tiende wêreld-koorspele in Tshwane.

Die NWU PUK-Koor het Potchefstroom verteenwoordig op dié internasionale verhoog en het twee goue medaljes huis toe gebring.

Kom geniet goeie koorsang met musiek vir elke smaak!

Met: NWU PUK-Koor Dirigent en musiekregie: Kobus Venter Vervaardiger: NWU Kunste

kykNET Konservatorium, 24 Sept 20:00, 25 Sept 14:00, R110 / R80 (pensioenarisse), 60 min, Klassiek, Kontemporêr, Gesin

KLIK HIER VIR KAARTJIES