Wilde-als

Hilde Kraus is ’n legendariese skrywer wat sukkel om haar finale roman te voltooi, jare na haar laaste poging.

Sy wroeg deur die kronkelpaaie van haar geheue om sin te maak van die goeie en slegte om dit einde ten laaste in haar boek neer te pen. Haar muse, wat saam met haar oud geword het, sluit vir ’n laaste keer by haar aan om feite van fiksie te skei.

’n Toneelstuk oor herinnering, verromantisering, die naakte waarheid, die kreatiewe proses en die liefde.

Met: Dawid Minnaar en Jana Cilliers Teks en regie: Wessel Pretorius Verhoog- en produksiebestuur: Nastassja Jooste Vervaardiger: Aardklop en KKNK Ondersteun deur: KunsStig

kykNET Gimmies, 24, 28 Sept 16:00, 25 Sept 13:00, 26 Sept 20:00, 27 Sept 09:30, R150, 90 min, Drama, OB, Afr

KLIK HIER VIR KAARTJIES