Wit Wolf

Stefaans Coetzee was maar 19 jaar oud toe hy op Oukersdag 1996 saam met twee ander verregses bomme by die Shoprite in Worcester geplant het.

Vier mense sterf in dié verwoestende ontploffings.

Hierdie geharde lid van die Wit Wolwe word tot 40 jaar tronkstraf gevonnis, waar sy pad kruis met wit en swart bewaarders, bendelede en medegevangenes.

’n Roerende en onvergeetlike ware verhaal van versoening en hoop.

Met Stefaans Coetzee en Johan van Lill (gespreksleier)

10:30