Day: September 26, 2019

Resensie: ALTEmit A Capella

Die alt-register is ’n toeganklike een, maar die vier alte wat dié produksie opmaak is soveel meer as blote alte. In ALTEmit A Cappella word die sout-van-die-aarde-land wat Suid-Afrika vir die gehoor belig in ’n intieme teater, en dié is nie sommer enige a cappella-vertoning nie. Wat die vertoning sy eie kleur gee, is die …

Resensie: ALTEmit A Capella Read More »

Resensie: Donkie

’n Tikkie nostalgie en die harde werklikheid Dit is onvermydelik om so klein bietjie nostalgies te voel wanneer ’n mens in die gehoor van Donkie sit. Die podium op die verhoog, die portrette van ou skoolhoofde weerskante teen die muur, en die geluid van ’n skoolklok wat die begin van die produksie aandui, sal enige …

Resensie: Donkie Read More »

Resensie: Katvoet

Dié Tennessee trap te suutjies in die Bosveld Dis ’n familiefees, soos in Festen. Die skatryk, kwasterige patriarg (Marius Weyers) word 65, maar is sterwend aan kanker. Die swakkeling-seun en sy dragtige vrou sirkel soos aasvoëls. Albert Pretorius en Martelize Kolver skitter in hierdie tweedeviool-rolle. Weyers se pa-figuur is myns insiens nie oordonderend macho genoeg …

Resensie: Katvoet Read More »

Resensie: Keelvol

Net die kuur vir dié wat keelvol gewroeg is Hierdie stuk is verfrissend vir diegene wat moeg gewroeg is. Met soveel hartseer en somber aanbiedings op die spyskaart is ’n musikale komedie net die ding om ’n krul in jou stert terug te sit. Binnelanders-akteurs Germandt Geldenhuys en Je-ani Swiegelaar het dit self gekonseptualiseer en …

Resensie: Keelvol Read More »

Resensie: Non met vakansie

Op vakansie kan jy jouself vind ’n Katolieke non en ’n agnostiese sakeman ontmoet mekaar op ’n Portugese eiland en ontdek toevallig weens ’n belediging wat hy haar toesnou dat hul albei Afrikaans is. Die storie ontvou en kykers sal nie glo wat suster Magdalene en Michael (vertolk deur Lizz Meiring en Wynand van Vollenstee) …

Resensie: Non met vakansie Read More »

Scroll to Top