Aardklop-toekennings 2019: WENNERS bekendgemaak

Die wenners van Aardklop-toekennings is, 27 September 2019, by ‘n toekenningsfunksie te Two Owls Guesthouse in Potchefstroom bekendgemaak.

“By vanjaar kunsrevolusie het vroue werklik aangetree. Van die groot en gevierde name in die bedryf tot jong, opwindende stemme van môre – hierdie was die fees waar vroue hulself laat geld. Belangrike temas is aangespreek, relevant sosio-politieke onderwerpe en idees was in die kollig. Die omvang van hierdie jaar se program was eenvoudig fenominaal en uiters relevant.” – Alby Michaels (Aardklop-paneel sameroeper).

Hier is die WENNERS:

Aardklop 2019 Beste Aktrise
Antoinette Kellermann – Koningin Lear

Aardklop 2019 Beste Akteur
Brendon Daniels – Queenie-hulle

Aardklop 2019 Beste Regisseur
Marthinus Basson – Koningin Lear

Aardklop 2019 Beste Algehele Aanbieding (moontlik gemaak deur kunsStig)
Koningin Lear

ATKV – Aardklop Toekenning vir Grensverskuiwende Werk (slegs debuut)
Maboneng Township Arts Experience & Charl du Plessis – Solo. Hierdie toekenning word gedeel.

Aardklop 2019 Beste Vroulike Byspeler
Anna-Mart van der Merwe – Koningin Lear

Aardklop 2019 Beste Manlike Byspeler
Edwin van der Walt – Koningin Lear

Aardklop 2019 Beste Musiekgedrewe Produksie
Charl du Plessis – Solo

Aardklop 2019 Beste Uitvoering – Musiek
Charl du Plessis – Solo

Aardklop 2019 Visuele Kuns: Beste Uitstalling
Verf dit Swart (kurator: Harrie Siertsema & Abrie Fourie)

Aardklop 2019 Beste Vertolking in ’n Solo-produksie (moontlik gemaak deur kunsStig)
Cintaine Schutte – Dinge van ’n kind

Aardklop 2019 Hartsvriende: Beste Produksie
Tien Duisend Ton

Aardklop 2019 Aktiveer: Beste Produksie
Moord op die 8ste gat

Aardklop-paneellede: Aardklop-paneellede: Alby Michaels (sameroeper), AJ Opperman, Heidi Edeling, dr. Mareli Stolp, Kim Cloete, Diane de Beer.