Aardklop bied STEEDS DONKIE in Potchefstroom aan!

Met Aardklop wat vanjaar, weens die pandemie nie aangebied kon word nie, poog die fees om steeds die kunste lewendig te hou – veral in ons geliefde Potchefstroom. Vir nou word dit gedoen deur bloot enkele produksies aan te bied. Die eerste hiervan sal STEEDS DONKIE met Frank Opperman wees! “Ons is opgewonde om ’n produksie in Potchefstroom te kan aanbied, en soveel te meer as dit die opvolg van so suksesvolle komiese drama deur dié immergewilde akteur is.” 

STEEDS DONKIE

  • Met: Frank Opperman
  • Teks: Dana Snyman
  • Regie: Gerrit Schoonhoven
  • Aangebied deur Aardklop Nasionale Kunstefees en Frank Opperman
  • Ondersteun deur NATi

Steeds Donkie is die logiese opvolg van Frank Opperman se trefferproduksie Donkie. Meneer Swart, beter bekend as “Donkie” is die skoolhoof van Hoërskool Hans Oosthuizen. Met sy goeie bedoelings ten spyt is hy reeds effe suf geslaan en gebombardeer. Tydens hierdie Maandagoggend se saalopening het hy boonop etlike nuwe uitdagings: Die leerders se akademiese prestasies het geweldig agteruit gegaan tydens die Covid-pandemie, onderwysers se moed lê laag in hulle skoene en die beheerliggaam is geensinds tevrede met sy hantering van Black Lives Matter nie. Ten minste is hordes eksemplare van die skool se 80-jarige herdenkingsboek darem gedruk. 

‘Frank Opperman en Dana Snyman het met “Donkie” ‘n karakter geskep wat met die eerste effe onbeholpe woord reeds diep in die hart kruip. Met soveel humor, fyn waarneming, subtiele kommentaar en absolute deernis word ‘n storie vertel waarin ieder en elk homself sal verkneukel.’

  • Datum: Sondag 1 November 2020 12:30 en 16:00
  • Venue: Elgro Hotel
  • Tydsduur: 60 minute
  • Ouerbegeleiding, Afrikaans
  • Kaartjies: R150 – KLIK HIER



VEILIGHEID EN PROTOKOL

  • Sitplekke word 1.5m beskikbaar gestel volgens veiligheidsmaatreëls.
  • Net beperkte sitplekke beskikbaar (50% kapasiteit).
  • MASKERS IS VERPLIGTEND.
  • Temperatuur word geneem.
  • Inteken vorm moet voltooi word.
  • Maak seker jy is betyds om in te teken (voorportaal maak 30 minute voor die vertoning oop)
  • Ontsmetmiddel / handreiniger is in die voorportaal beskikbaar.
  • Kunstenaars sal nie na die vertoning fotos kan neem of handelsware teken nie

Deel Met Ander:

Share on facebook
Facebook
Share on twitter
Twitter
Share on pinterest
Pinterest
Share on linkedin
LinkedIn
Meer Nuus
Scroll to Top