Klassieke musiek in Pretoria: Aardklop & Affies span kragte saam!

Dat Aardklop en die Afrikaanse Hoër Seunskool ’n liefde vir Afrikaans deel weet almal, maar nou vat hulle ook hande om die kunste, en meer spesifiek klassieke musiek, ’n nuwe tuiste in die Jakarandastad te gee. 

“Ons stel met groot opgewondenheid Aardklop Aubade bekend. In ‘n jaar van grootskaalse teleurstelling en negatiwiteit, is ons gedwing om met vars oë na dinge te kyk. Uitdagings kan in geleenthede omskep word. Dit vir ons heerlik om 2020 op ‘n positiewe noot af te sluit! Kerstyd is immers ook ‘n tyd van viering en hoop”, Alexa Strachan, Aardklop se HUB. 

Die eerste Aardklop Aubade-konsert, wat ook deur RSG ondersteun word, waarna Pretorianers kan uitsien is Carols & Chords. Onder leiding van die gevierde Steinway-kunstenaar, Dr. Charl du Plessis word daar op 13 Desember by die Afrikaanse Hoër Seunskool Kerskonsert gehou! 

Charl du Plessis (pianis), Lizelle le Roux (viool) en Ockie Vermeulen (orrel) lei die  Kersseisoen gepas in met almal se gunsteling Kersmusiek van die afgelope 300 jaar. Dit word nuut verwerk vir klavier, orrel en viool en gunstelingmelodieë soos Stille NagSomerkersfees en Bethlehem Ster sal deel van die repertoire uitmaak. 

Bo en behalwe dié gesogte kunstenaars en hul gunsteling Kersmusiek, kan daar ook uitgesien word na ’n kort, 10 minuut lang tentoonstelling van jong Affies-talent.  

Charl du Plessis is ’n Steinway-kunstenaar en internasionaal gesog as klassieke en jazz-pianis met meer as 10 albums op sy kerfstok.

Ockie Vermeulen het bekendheid verwerf met sy Highland Cathedral en Arena albums en is tans universiteitsorrelis van Unisa en orrelis by NG Kerk Pretoria-Oos.

Lizelle le Roux het as deel van die duo Eclipse bekendheid verwerf en speel as solis in van die grootste musiekproduksies in Suid-Afrika. Sy het pas haar eerste solo-album, Joy, vrygestel. 

  • Aardklop Aubade – Carols & Chords
  • Mediavennoot: RSG
  • Datum: 13 Desember 2020
  • Tyd: 11:00
  • Tydsduur: 60 min
  • Prys: R150 (R120 vir pensioenarisse)
  • Plek: Afrikaanse Hoër Seunskool (skoolsaal)
  • Kaartjies by Ticketpro: KLIK HIER

Deel Met Ander:

Share on facebook
Facebook
Share on twitter
Twitter
Share on pinterest
Pinterest
Share on linkedin
LinkedIn
Meer Nuus
Scroll to Top