AARDKLOP MAAK FEESDATUMS BEKEND

Ten spyte van die onsekere realiteit waarin ons onsself bevind is daar lig aan die einde van die kunstetonnel! Aardklop is opgewonde om ons feesdatums vir 2021 bekend te maak. Ons word oorval met navrae vanaf hoopvolle kunstenaars, stalletjiehouers en feesgangers en na suksesvolle gesprekke met die NWU, ons onontbeerlike venoot in 28 September – 3 Oktober 2021.

Alexa Strachan, Aardklop se HUB: “Aardklop bly ’n bestemmings- en gesinsfees, en dit is van kardinale belang dat die fees plaasvind tydens die skool- en NWU-vakansie. Die NWU se venues en ander fasiliteite bly die kern waarom die fees beplan word, saam met skool- en hotelsale.Ons nooi dus feesgangers uit om die datums neer te pen, want einde September lei alle paaie na Potchefstroom!”

Prof. Daryl Balia, Voorsitter van Aardklop se Direksie en Adjunk-visekanselier, Potchefstroomkampus: NWU, “Die NWU is ongelooflik trots en opgewonde oor die vennootskap met Aardklop. Die fokus is om ‘n platform te bied aan die die beste artistieke werk tydens hierdie uitdagende tye waarin ons onsself bevind. Hierdie is ’n vennootskap wat jare gelede reeds gevestig is en werklik ‘n wonderlike energieke bydrae tot die kultuur van beide ons stad en die provinsie lewer. Kom ons vat hande en ondersteun hierdie kunstefees en die heerlike vermaak wat dit vir die hele gesin bied. Talle produksies word beplan vir die komende jaar, en ons sien met afwagting uit na 28 September 2021, wanneer Aardklop Nasionale Kunstefees afskop!”

Aardklop, jou kortpad na die kunste. 

Deel Met Ander:

Share on facebook
Facebook
Share on twitter
Twitter
Share on pinterest
Pinterest
Share on linkedin
LinkedIn
Meer Nuus
Scroll to Top