Aardklop bied aan: Nataniël se ‘Songs we used to sing’

Share on facebook
Share on google
Share on twitter
Share on linkedin

Datums en Koste

Aardklop het in Desember die eerste van ’n reeks klassieke musiek konserte in Pretoria aangebied. Alhoewel Covid-regulasies ons tans nie toelaat om volstoom voort te gaan nie, het Nataniël ingestem om ’n intieme oggendkonsert vir ’n klein en veilige gehoor aan te bied.

Dié konsert, ‘Songs we used to sing’, met Nataniël, Charl du Plessis en Werner Spies se repertoire sal bestaan uit musiek wat al dekades iewers in ons herinneringe woon. Dalk het jy al daarvan vergeet, of dit lanklaas gehoor… En, nóú is die perfekte tyd om dit te laat herleef. 

Sien uit na tydlose melodieë en hartroerende lirieke. Van oratoria tot rolprente, van gospel tot wêreldmusiek, van jazz tot folk, van Händel tot Cohen, van Nataniël se argief tot op die skoolgrond! 

Daar is natuurlik weer ’n 10-minuut lange voorkonsert deur twee van Affies se musiekleerlinge. Hierdie keer vermaak Gerno Strydom (trompet) en Ben van Zyl (marimba) belegelei deur Charl du Plessis, die gehoor.

Songs we used to sing
Met: Nataniël, Charl du Plessis (klavier), Werner Spies (bas)
Venue: Afrikaanse Hoër Seunskool 
Datum: 7 Maart 2021
Tyd: 11:00
Prys: R290 
Tydsduur: 75min
Kaartjies beskikbaar by Ticketpro: http://bit.ly/2LhhYjm

 
Vir navrae oor die konsert skakel 087 527 0023 of stuur n e-pos aan navrae@aardklop.co.za

** Alle nodige veiligheid- en sanitêre protokol sal gevolg word.


Media-navrae:
Delmari van Zyl – 084 44 44750
Alexa Strachan– 083 273 9768

Los kommentaar

Scroll to Top