Aardklop Aubade bied aan: The Prince and the Piano met Megan-Geoffrey Prins

Die derde Aardklop Aubade klassieke musiekkonsert word op 18 April 2021 deur Aardklop, in samewerking met die Afrikaanse Hoër Seunskool en RSG, aangebied.

Pianis Megan-Geoffrey Prins, ’n boorling van Riversdal, het sy konsertdebuut op elfjarige ouderdom gemaak. As solis het hy reeds saam met verskeie internasionale orkeste in Duitsland, Amerika, Botswana en Suid-Afrika opgetree.

Sy uitvoering van Rachmaninoff se tweede en derde klavierkonserte word veral internasionaal aangeprys as “tegnies presies, met kunstige uitdrukking en voortreflike interpretasie”. In 2019 is Prins as die Standard Bank Jong Kunstenaar van die Jaar vereer. Hy het ook onder andere met die eerste pryse by UNISA se 120ste Herdenkingskompetisie, die Stellenbosch Internasionale Kamermusiekkompetisie, asook die 2017 SAMRO Oorsese Beurskompetisie weggestap. Voorwaar die “prins” van die klavier.

In hiérdie buitengewone konsert bestaan die repertoire onder andere uit  Beethoven se Klavier Sonate Nr. 23, Tchaikovsky se Die Neutkraker Op. 71, en Liszt se Mephisto Wals Nr.1. Prins gaan as bonus versoeke wat vooraf op Facebook gerig is ook by sy program insluit. Maak dus gerus jóú voorstel op Aardklop se Facebook-blad. 

Daar is ook ’n 10-minuutlange voorkonsert deur een van Affies se talentvolle musiekleerlinge. Wentzel Lotriet (tjello) sal begelei word deur Engeli le Roux.

As bonus kan konsertgangers ook voor of na die uitvoering heerlike etes en ’n verskeidenheid versnaperinge onder die koeltebome van die restaurant op die skoolterrein geniet. Kom geniet die dag saam met ons.

  • The Prince and the Piano met Megan-Geoffrey Prins
  • Met Megan-Geoffrey Prins (klavier)
  • Venue: Afrikaanse Hoër Seunskool 
  • Datum: 18 April 2021
  • Tyd: 11:00
  • Prys: R180, R150 (pensioenarisse), R100 (leerders)
  • Tydsduur: 75 min
  • Kaartjie beskikbaar by Ticketpro: http://bit.ly/30AFs6N
  • Vir navrae skakel 087 527 0023 of stuur ʼn e-pos aan [email protected].

Alle nodige veiligheid- en sanitêre protokol sal gevolg word. 

Deel Met Ander:

Share on facebook
Facebook
Share on twitter
Twitter
Share on pinterest
Pinterest
Share on linkedin
LinkedIn
Meer Nuus

Humerus – die film

Rienie haat self bejammerende mense, maar sy vind haarself op die enkele ergste gruwelikste dag

Scroll to Top