Aardklop 2021

Na deeglike oorweging deur die direksie en bestuur van die Aardklop-kunstefees gaan dié fees nie vanjaar soos beplan tussen 28 September en 3 Oktober 2021 in Potchefstroom plaasvind nie.

“Aardklop is in wese ‘n massa-byeenkoms,” sê Alexa Strachan, uitvoerende hoof van dié kunstefees, “waar duisende kuns- en kultuurgeesdriftiges jaarliks in Potchefstroom bymekaarkom en tydens die skoolvakansie feesvier. Die onsekerhede wat die voortdurende Covid-19-pandemie bring, en die gevolglike impak op die datums van skool- en universiteitsvakansies, het dié besluit genoodsaak.

“Aardklop en die NWU-Potchefstroom-kampus bly egter verbind tot die kunste en die kunstegemeenskap. Almal, van die kunstenaars tot tegnici, het nou meer as ooit ons ondersteuning nodig, daarom gaan Aardklop voort met ’n verskeidenheid projekte, waaronder Aardklop Aubade by die Afrikaanse Hoër Seunskool in Pretoria, die jaarlikse tiener- en studentetoneelproduksie Pronk Podium, en die aanlyn kinderprojek, Klopkidz.”

’n Opwipfees is wel in die pypleiding, met aanbiedinge wat van September tot November vanjaar in Pretoria, Johannesburg en Potchefstroom pitkos sal bied vir diegene wat smag vir feestelike samesyn. Dit sal onder meer toneel- en musiekproduksies insluit, asook boekgesprekke en debatte. Dié program sal saamgestel word met inagneming van venues se beskikbaarheid; hou die media dop vir nuus oor dié mini-Aardklop en ander projekte wat tans in ontwikkeling is.

Vir navrae, skakel 087 527 0023, stuur ’n e-pos aan navrae@aardklop.co.za, of besoek die fees se webwerf by www.aardklop.co.za.

Deel Met Ander:

Share on facebook
Facebook
Share on twitter
Twitter
Share on pinterest
Pinterest
Share on linkedin
LinkedIn
Meer Nuus

Aardklop 2021

Na deeglike oorweging deur die direksie en bestuur van die Aardklop-kunstefees gaan dié fees nie

Scroll to Top