Die gewilde Aardklop Aubade, ondersteun deur RSG, bied aan Wits trio plays Mendelssohn and Piazzolla.
Dit is Sondag 2 Mei om 11:00 by die Afrikaanse Hoër Seunskool in Pretoria.
Die program sluit Astor Piazzolla se opwindende Vier Seisoene van Buenos Aires, asook Mendelssohn se Trio in C mineur in. Die Wits Trio-lede is internasionaal-bekroonde pianis Malcolm Nay, die gewilde violis Zanta Hofmeyr, en die tjellis Susan Mouton. ‘n Ideale rustige Sondag-uitstappie, versnaperinge en etes is ook beskikbaar.
Kaartjies word bespreek by Ticketpro, teen R100 – R200. KLIK HIER.
Navrae kan gerig word aan [email protected]