Aardklop Audabe: Caruso & Lanza in Africa – Sondag 6 Junie

Aardklop Aubade in samewerking met Afrikaanse Hoër Seunskool en RSG bied aan: Caruso & Lanza in Africa met Phenye Modiane (tenoor) en Charl du Plessis (klavier)

Mario Lanza en Enrico Caruso staan alom as die top tenore van alle tye bekend. Lanza sou vanjaar een honderd jaar oud wees, en Caruso is presies 100 jaar gelede oorlede. Die volgende Aardklop Aubade sluit die grootste arias, Neopolitaanse liedere en gunstelinge vanuit musiekblyspele in, soos gesing deur hierdie twee onvergeetlike sangers. In Caruso & Lanza in Africa span die bekroonde tenoor Phenye Modiane kragte saam met die pianis Charl du Plessis in ’n uitsonderlike ervaring vir operaliefhebbers. Die program sluit gunstelinge soos O sole MioUna furtiva lagrimaGranada en You’ll Never Walk Alone in, saam met ander werke wat deur Caruso en Lanza bekend gemaak is.

Gebore in Ga-Rankuwa, voltooi Phenye Modiane sy BTech graad in sang by die Tshwane Universiteit van Tegnologie (TUT) in 2006. Sedert 2011 tree hy in etlike produksies vir Opera Africa op, soos CarmenCosi fan Tutte en La Traviata. Hy sluit in 2017 by Gauteng Opera aan as artistieke direkteur. Phenye dien tans as stigter en besturende direkteur van Johannesburg Opera.

In 2010 word Charl du Plessis as Steinway Kunstenaar aangewys – die jongste pianis in Afrika om hierdie eer te verwerf. Sedertdien geniet hy ’n uitsonderlike internasionale loopbaan as beide klassieke en jazz pianis. Charl is die eerste pianis ter wêreld om bo-op Tafelberg op te tree en word in 2017 genooi om ’n uitvoering tydens die opening van Steinway Hall, Beijing te lewer.

’n Kort voorkonsert deur Affies se talentvolle musiekleerlinge open die program. Die Affies Strykkwartet voer  In the Hall of the Mountain King uit die Peer Gynt Suitedeur Edvard Grieg en die Radetzky Mars deur Johan Strauss Snr uit. Die kwartlede is Devon Marneweck (viool), Gerhard du Preez (viool),  Rudolf Smit (alt viool) en Wentzel Lotriet (tjello).

As bonus kan konsertgangers voor of na die uitvoering heerlike etes en ’n verskeidenheid versnaperinge onder die koeltebome van die restaurant op die skoolterrein geniet. 

  • Datum: Sondag 6 Junie
  • Tyd: 11:00
  • Tydsduur: 75 minute
  • Venue: Afrikaanse Hoër Seunskool 
  • Kaartjieprys: R190, R170 (pensioenarisse), R100 (leerders)
  • Kaartjies beskikbaar by Ticketpro: https://bit.ly/33crERt
  • Navrae: 087 527 0023 of [email protected].

** Alle nodige veiligheid- en sanitêre protokol sal gevolg word. 

Deel Met Ander:

Share on facebook
Facebook
Share on twitter
Twitter
Share on pinterest
Pinterest
Share on linkedin
LinkedIn
Meer Nuus

Humerus – die film

Rienie haat self bejammerende mense, maar sy vind haarself op die enkele ergste gruwelikste dag

Scroll to Top