Aardklop Aubade: Pianists, Russians & Rossini

Op 4 Julie bied Aardklop Aubade in samewerking met Afrikaanse Hoër Seunskool aan: Pianists, Russians & Rossini

Een klavier, ses hande, ’n paar Russe en een Italianer! Pianists, Russians & Rossini  is ʼn opwindende konsert met klavierwerke vir vier hande en ses hande – die gehoor kan uitsien na komposisies deur Rossini, Glinka, Rachmaninoff, Sjostakowitsj en Tsjaikofski! Die program bied ʼn uitstekende balans tussen bekende werke, soos Sjostakowitsj se Wals no. 2, dele uit Die Neutkraker (Tsjaikofski) en Die Barbier van Seville (Rossini). Lieflike werke wat nie gereeld in Suid-Afrika uitgevoer word nie, soos Glinka se Capriccio op Russiese Temas en Rossini se Tancredi Ouverture word ook ingesluit. Sluit by ons aan vir ʼn uur van pure Italiaanse en Russiese luistergenot.

Meer oor die pianiste:

Eugene Joubert het ʼn Meestersgraad aan Rice University in Houston behaal. In 2007 maak hy sy debuut by die Kennedy Center for the Performing Arts in Washington, D.C. Verder het hy internasionaal reeds in Switzerland, Roemenië, die Tsjeggiese Republiek, Serwië, die VSA en Denemarke opgetree. Hy is ʼn ywerige uitvoerder van kamermusiek en lieder en het as pianis reeds in verskeie Sempre Opera- en Big Wig Opera-produksies gespeel. Hy is tans Hoof van Klavier by St Mary’s School in Waverley, Johannesburg.

Stephan Gericke is ʼn dirigent, pianis, violis, komponis/verwerker en sanger. Hy het ʼn MPhil-graad aan die University of Cambridge behaal en tree gereeld as solis, koorsanger en ensemble- of orkesspeler in plaaslike en internasionale konserte op. Hoogtepunte sluit in sy uitvoering van Beethoven se Klavierconcerto no. 1 saam met COSA, asook beide Prokofiëf se Klavierconcerto no. 1 en Beethoven se Tripelconcerto saam met UPSO. Tans wend Stephan sy veelsydigheid hoofsaaklik as dirigent aan. 

Carin van Graan het in 2005 ʼn BMus-graad (in Uitvoerende Kuns) cum laude aan die Universiteit van Pretoria behaal. Later voltooi sy ook die graad MMus (Musiekwetenskap) aan dieselfde universiteit. Sy werk as Musiekonderwyseres en Begeleier by St Alban’s College in Pretoria. Onlangse optredes in Suid-Afrika sluit in die Hilton Arts Festival, die Wakkerstroom Musiekfees en die Theatre on the Square in Sandton. Internasionaal het sy as pianis en begeleier reeds in die Tsjeggiese Republiek, Bulgarye, China en Italië opgetree.

  • Datum: 4 Julie  2021
  • Tyd: 11:00
  • Kaartjies: R180, R150 (pensioenarisse), R100 (leerders)
  • Tydsduur: 75 minute
  • Kaartjies beskikbaar by Ticketpro: https://bit.ly/3g95RzZ

Navrae: 087 527 0023 of  [email protected].
Mediavennoot: RSGVir navrae skakel 087 527 0023 of stuur ʼn e-pos aan [email protected].

Deel Met Ander:

Share on facebook
Facebook
Share on twitter
Twitter
Share on pinterest
Pinterest
Share on linkedin
LinkedIn
Meer Nuus

Humerus – die film

Rienie haat self bejammerende mense, maar sy vind haarself op die enkele ergste gruwelikste dag

Scroll to Top