Aardklop Aubade: Pianists, Russians & Rossini 4 Julie 2021uitgestel tot verdere kennisgewing

Na deeglike oorweging het ons besluit om die opvoering Pianists, Russians & Rossini, wat deel is van die Aardklop Aubade konsertreeks by die Afrikaanse Hoër Seunskool in Pretoria, uit te stel tot verdere kennisgewing. 

“Dit is nie net die aankondiging dat die beperking op 50 mense vasgestel is nie, maar ook die verantwoordelikheid wat ons teenoor kunstenaars en die publiek in Gauteng het”, sê Alexa Strachan, uitvoerende hoof van Aardklop. “Tot tyd en wyl ons beter nuus ontvang rakende die oorvol hospitale in Gauteng, moet ons self verantwoordelikheid neem, en nie nét wag op die regering se besluite en aankondigings nie.”

Aardklop Aubade se beplande volgende datum is 1 Augustus, maar ‘n amptelike besluit daaroor sal later geneem word. Intussen wens ons almal voorspoed en veiligheid toe, en bevestig ons dat ons pogings om ‘n platform te bied vir kunstenaars onverpoosd voortgaan.

Vir enige navrae, skakel 087 527 0023, stuur ’n e-pos aan navrae@aardklop.co.za

Deel Met Ander:

Share on facebook
Facebook
Share on twitter
Twitter
Share on pinterest
Pinterest
Share on linkedin
LinkedIn
Meer Nuus

Aardklop 2021

Na deeglike oorweging deur die direksie en bestuur van die Aardklop-kunstefees gaan dié fees nie

Scroll to Top