Frank Opperman debuteer met Ek wens, ek wens, ‘n fabelagtige verhaal oor Seb, ‘n lykbesorger wat ‘n grys, eenvoudige en ongelukkige bestaan lei. Sy lewe is een van roetine en kleinighede. Tot hy eendag ‘n engelagtige seuntjie, Gawie, ontmoet. Die magiese gevolge van hierdie ontmoeting noop Seb om te vra: As ek net een wens het, waarvoor sal ek wens? Zirk van den Berg se sprokie vir grootmense is bekroon met die WA Hofmeyer- sowel as die kykNET-Rapport prys.
- Met: Frank Opperman
- Datum: 30 September – 3 Oktober
- Plek: Atterbury-teater
- Kaartjies: https://bit.ly/3BrzsO9