‘n Storie oor hartseer, verlies, maar verál hoop en herbou. Die briljante Tinarie van Wyk Loots en Brendon Daniels skitter in hierdie verhaal waarby ons almal tans so aanklank vind. 

‘n Egpaar se lewens word uitmekaar geskeur wanneer hul enigste kind sterf. Eens rotsvas, dobber hulle nou in onbekende waters en probeer die stukke van hul lewens bymekaarsit. Daar is baie vrae, maar geen antwoorde nie. Daar is ’n eerste Kersfees, ’n eerste verjaarsdag en vriende wat nie weet wat om te sê nie. Daar is selfverwyt, woede en beskuldigings – kan hul huwelik dié storm oorleef? Opdrifsel is ‘n verhaal oor twee mense wat hulself én mekaar in die donker gat van rou verloor, en weer moet vind.

  • Met: Tinarie van Wyk Loots en Brendon Daniels
  • Datum: 1 – 3 Oktober
  • Plek: Atterbury-teater
  • Kaartjies: https://bit.ly/3jxjKLr

Deel Met Ander:

Share on facebook
Facebook
Share on twitter
Twitter
Share on pinterest
Pinterest
Share on linkedin
LinkedIn
Meer Nuus

Humerus – die film

Rienie haat self bejammerende mense, maar sy vind haarself op die enkele ergste gruwelikste dag

Scroll to Top