Monsieur Ibrahim en die blomme van die Koran speel af in n Joodse kwartier in Parys in die sestiger jare. Die gekwelde Joodse seun Moses (of Momo) vind n onwaarskynlike vriend in n eensame Moslem-winkeleienaar, en soos die snaakse en voortreflike verhaal ontvou, wys dit hoe die belangrikste lesse oor lewe en dood geleer word wanneer ons dit die minste verwag. Dawid Minnaar lewer n kragtoer in die meesleurende eenpersoonsvertoning oor die mees onwaarskynlike vriendskap oor geloofs- en generasiegrense heen.
- Met: Dawid Minnaar
- Datums: 29 Sept., 1 Okt., 2 Okt.
- Plek: Voortrekkermonument
- Kaartjies: https://bit.ly/3BBoS7r