Oskar en die pienk tannie

Sandra Prinsloo skitter in haar eenvrouvertoning: Die tragikomiese Oskar en die pienk tannie. n Roerende verhaal van die kankerlyertjie Oskar, en Ouma Rosa, wat hom op verbeeldingryke en soms bitter snaakse wyse begelei in sy laaste dae.

Oskar het kanker en sy operasie was onsuksesvol; iets waarvoor hy homself blameer, soos kinders doen. Sy reddingsboei is Ouma Rosa, ‘n bejaarde vrou wat elke dag die kinderhospitaal besoek. Sy is wys, pittig en goddeloos. Om hom te vermaak versin sy staaltjies oor haar dae as rofstoeier, die wildewoeste Weskus-wonder. Sy beskik oor morele dapperheid en lieg nie vir die kind nie. Sy beveel hom om elke dag te leef asof dit tien jaar is. Op dié manier kan hy tot op die rype ouderdom van 120 jaar leef. Sy raai hom ook aan om elke dag vir God ‘n brief te skryf en ‘n wens te wens.

Deel Met Ander:

Share on facebook
Facebook
Share on twitter
Twitter
Share on pinterest
Pinterest
Share on linkedin
LinkedIn
Meer Nuus

Humerus – die film

Rienie haat self bejammerende mense, maar sy vind haarself op die enkele ergste gruwelikste dag

Scroll to Top