Werkswinkels in produksiebestuur

Alles wat jy nog graag wou weet as opkomende produksiebestuurder, vervaardiger, kunstenaar en onderwyser wat skoolproduksies op die planke moet bring, veral NOU met die geweldige impak van Covid-19 op ons industrie op alle vlakke. Hierdie werkswinkels is vir alle teatermakers wat op hulle voete moet dink, hulself wil bemagtig of hulle bestaande vaardighede wil opskerp. (In amewerking met Artéma: Instituut vir Kunstebestuur en Ontwikkeling)

  • ʼn Reeks van 3 Werkswinkels
  • Koste: Slegs R 350/persoon om al 3 werkswinkels by te woon OF R 150/werkswinkel as jy net 1 of 2 van die werkswinkels wil bywoon.
  • SLEGS 20 PLEKKE PER WERKSWINKEL BESKIKBAAR!

Toonaangewende, ervare en top spesialiste wat as aanbieders gaan optree sluit in:

  • Carien Loubser Uitvoerende Hoof en eienaar: Brainwave Productions; Vervaardiger (Rep v Zoid- Afrika, JAN e.a.); regisseur; voormalige Bemarkingsbestuurder: KKNK
  • Eddie Coetzee Eienaar: The Gig Corporation; Direkteur: No Boundaries Events, voormalige Teaterbestuurder: Springs Stadsteater
  • Kaz McFadden  BD: Performing arts lifestyle Institute; Akteur; vervaardiger; beoordelaar
  • David Brink BD: Stage Alive Production House; Sanger/akteur; vervaardiger Produksiebestuurder: Pronk Podium
  • Berné de Beer Eienaar: Take Heart Productions
  • Jaco Meyer BD: Perskeblom Produksies; Sanger/akteur; Vervaardiger
  • Ilzé Saunders BD: The Marketing Zoo; Bemarking en PR-spesialis
  • Suzaan Keyter Senior bestuurder kykNET-kanale: Publisiteit en Digitaal
  • John-Henry Opperman BD: The Media Farm; Sanger (Klopjag), Akteur (Roepman e.a.), TV-aanbieder Vervaardiger

Woensdag 29 Sept: Werkswinkel #1

Tema: “Die prentjie van produksiebestuur, mics, liggies”

  • Wat is produksiebestuur?
  • Hoe verskil dit van vervaardiging?
  • Waar begin ek met ʼn produksie?
  • Uitdagings / Slaggate
  • Moets en moenies
  • Tegniese aspekte / -bestuur, logistieke aspekte v produksies

Donderdag 30 Sept: Werkswinkel #2

Tema: “Ama-ching-ching, kopseer en “uit-die-tronk-uit-bly”

  • Finansiële beplanning vir produksies
  • Produksiebegrotings
  • Kontantvloei + begrotingsbestuur
  • Vennootskappe / befondsing / fondswerwing
  • Kontraktering van kunstenaars
  • Kopiereg, Aanspreeklikheid

Vrydag 1 Okt: Werkswinkel #3

Tema: “Skreeu dit van die dakke af, basuin dit uit!!!

  • Bemarking, kommunikasie,
  • Sosiale media-bemarking
  • Moets en moenies / Slaggate
  • Saamstel van media-pakkette
  • Verhoudingsbestuur (“PR”) / Netwerke
  • “Brand”-ontwikkeling ens.

Hoe skryf ek in:

  • Stap # 1: Laai die inskryfvorm af, voltooi,
  • Stap # 2: Betaal jou geld in die Aardklopbankrening in.
  • Stap # 3: E-pos jou vorm en bewys van betaling na [email protected] voor of op Donderdag 23 September 2021 om jou plek te verseker.

KLIK HIER vir inskryfvorm

Deel Met Ander:

Share on facebook
Facebook
Share on twitter
Twitter
Share on pinterest
Pinterest
Share on linkedin
LinkedIn
Meer Nuus

Humerus – die film

Rienie haat self bejammerende mense, maar sy vind haarself op die enkele ergste gruwelikste dag

Scroll to Top