Kaartjieverkope verloop flink, en daarom dis dit heerlik om te kan aankondig dat ons hier en daar ekstra kaartjies kon vrystel, en nuwe produksies en aanbiedinge kan aanbied!
Ons het immers belowe dat in ware opwipformaat, die publiek die webwerf en media sal kan dophou, soos wat dinge gaan en kan verander.
Dié Mini-Aardklop, wat ‘n verskeidenheid van drama, musiek, films, gesprekke, kursusse en visuele kuns insluit, word 29 September – 3 Oktober by verskillende plekke en teaters in Pretoria aangebied: Atterbury Teater, die Voortrekkermonument en Afrikaanse Hoër Seunskool.
Produksies waarvan meer kaartjies beskikbaar gemaak is, sluit in:
- Karnaval van die diere, met onder andere Nataniël (verteller), pianiste Charl du Plessis, Megan Geoffrey-Prins en ’n kamerorkes
- Frank Opperman se debuutproduksie Ek wens, ek wens
- Opdrifsel met die bekroonde akteurs Tinarie van Wyk Loots en Brendon Daniels
- Marion Holm se Holmruggery, daar is ook ’n ekstra vertoning 30 Sept 13:00
- Sandra Prinsloo se bekroonde Oskar en die pienk tannie
- Kamp, met Deon Lotz en Brendon Daniels
- Monsieur Ibrahim en die Blomme van die Koran, met Dawid Minnaar
Nuwe produksies en aanbiedinge waarvan die kaartjies nou beskikbaar is sluit in:
- Chris van Niekerk se ‘n Klein Wonderwerk
- Wie stook watter kool en wie blus die brand, met o.a. Lizz Mering, Dr Theuns Elloff, dr Ismail Mahomed, en Cornelia Faasen as gesprekleier
- Ek wil drama swot, maar my pa sê dis nie regte werk nie Met: Sandra Prinsloo, Christo Davids en Tinarie van Wyk Loots
- Feeste is ‘n Freak Show! Gelei deur Alexa Strachan, met Chris van Niekerk, Deon Lotz, Brendon Daniels en Christo Davids
- Enig en al een. Gelei deur Alexa Strachan, met: Sandra Prinsloo, Frank Opperman en Marion Holm
- Supper met die Sotte Van Suid-Afrika se skerpsinnigtse komedie-akteurs sit aan tafel. Deur humor en satire word geen heilige koei ontsien nie. Saamgestel deur Erns Grundling. Gesprekleier: Kabous Meiring. Met komediante Schalk Bezuidenhout, Shimmy Isaacs , Joey Rasdien en joernalis TJ Strydom Afrikaans
- Prontuit kykNET – Slag ons of praat ons, oor die olifant in die vertrek? Gelei deur Kabous Meiring Prontuit, met Prof. Anton van Vollenhoven, Lindie Koorts, Lyntjie Jaars, Danie Langner
- KN Verslag – Munisipale verval: sal inwoners al meer self doen? Gelei deur Lourensa Eckard, met: Theo Venter en Theuns Eloff
- KN Verslag – Die Afrikaanse leier waar is hy of sy? Gelei deur Waldimar Pelser KN Verslag in gesprek, met Alida Kok, Gayton McKenzie, Jan-Jan Joubert
- KN Verslag – Word ons kwaad oor die regte goed? Gelei deur Heindrich Wynaard, met Liezel de Lange, Flip Buys, Melene Rossouw
Laai die dagprogramme vir Aardklop se Opwipfees af:
- Woensdag 29 September – klik hier
- Donderdag 30 September – klik hier
- Vrydag 1 Oktober – klik hier
- Saterdag 2 Oktober – klik hier
- Sondag 3 Oktober – klik hier