Die visuele kunste begeleide toer neem besoekers na ‘n Goeie Dag vir ‘n Slag deur Johan Stegmann in die binnevertrekke van die Voortrekkermonument waar dit in dialoog verkeer met geskiedkundige visuele elemente in die Senotaafsaal. Ons ontdek ook die groepsuitstalling Beloofde Land?/Promised Land? wat verskeie kunstenaars se herinterpretasie van tradisionele Suid Afrikaanse landskap skilderye byeen bring.
Die toere begin op die trappe van die Voortrekkermonument.
- Met: Dineke van der Walt (kurator) & Johan Stegmann (kunstenaar)
- Beginpunt: Voortrekkermonument
- 30 Sept, 2 en 3 Okt 10:00
- Tydsduur: 60-80 minute
- Kaartjies: R20