Charl du Plessis: Songs for my Mother

Aardklop Aubade in samewerking met Afrikaanse Hoër Seunskool bied aan Charl du Plessis: Songs for my Mother

Pianis Charl du Plessis vier hierdie jaar Moedersdag met ‘n baie persoonlike en sentimentele keur van musiek wat hom na-aan die hart lê. Die uiteenlopende program is beïnvloed deur die plateversameling in sy ouerhuis, met musiek van JS Bach en Franse sangstukke deur Michel Legrand, asook komposisies deur Fats Waller en Chopin.

Met Songs for my Mother, deel Charl du Plessis die omvang van sy ekspressiewe vaardighede deur musikale tradisie en sy unieke pianistiese uitdrukkings saam te span om gehoorlede en musiekliefhebbers te verras en in vervoering te laat. Hierdie program word opgedra aan moeders regoor die wêreld, om die belangrike rol van musiek in die grootwordjare, te illustreer.

Titel: Charl du Plessis: Songs for my Mother
Datum: Sondag, 08 Mei 2022
Tyd: 11:00
Tydsduur: 70 Minute
Voorafvertoning: Affies acapella ensemble, A-minere.

Kaartjieprys: R190, R150 (pensioenarisse), R100 (leerders)
Kaartjies: TicketPro

Scroll to Top