AKUSTIKA CHAMBER SINGERS VOX ANGELI – “DIE STEM VAN DIE ENGEL”

Aardklop Aubade in samewerking met Afrikaanse Hoër Seunskool bied aan:
AKUSTIKA CHAMBER SINGERS VOX ANGELI – “DIE STEM VAN DIE ENGEL”

Akustika se uitgesoekte program is noukeurig saamgestel en is ‘n uitbeelding van die lig, asook die stem, van die engele wat ons omring met magiese teenwoordigheid.

Hierdie kamerkoor met 36 lede, behou hul wêreldklas status met ‘n streng keuringsproses en is elkeen deel van verskeie Suid-Afrikaanse Universiteit en jeugkoor alumni.

Kom luister saam na dié engelstemme, helend en helder soos lig, en word weggevoer met werke deur Rachmaninov, Bruckner, Tchaikovsky en vele meer.

Voorafvertoning – viool, marimba & klavier-uitvoering deur Affies leerders.
Concerto of two violins – Antonio Vivaldi
Ben van Zyl (marimba) & Gerhard du Preez (viool)
Begelei deur Engeli le Roux

Program
CRUCEM TUAM ADORAMUS DOMINE – Łukaszewski
SICUT CERVUS – Palestrina
AGNUS DEI – Hofmeyr
BOGORODITSE – Rachmaninov
ALLELUIA – Whitacre
DIE LEË GRAF – Lamprecht
MAGNIFICAT – Pärt
AVE MARIA – Bruckner
BLAZHEÑI, YÁSHE IZBRÁL – Tchaikovsky
ENJOY THE SILENCE – Whitacre
SANCTUS: LONDON – Gjeilo

Venue: Afrikaanse Hoër Seunskool, Pretoria
Datum: Sondag, 05 Junie 2022
Tyd: 11:00
Tydsduur: 70 minute
Kaartjies: R190, R150 (pensionarisse), R100 (leerders)

Kaartjies by www.ticketpros.co.za
Konsertgangers kan ook ‘n ligte ete (en ander versnaperinge) voor of na die konsert geniet by die 1920 restaurant op die skoolgronde.

Aardklop Aubade is reeds gevestig as ‘n tuiste vir die bevordering van Suid-Afrikaanse klassieke musiek. Ons skep met trots ‘n platform vir musici, om op te tree voor gehore in die Jakarandastad.

Scroll to Top