Liefdesgedigte word in die produksie Mixtape van die liefde omtower in ’n simfonie van voordrag, sang en instrumente.
“Nadat Alexa my gebel het, het ek die digbundel gaan koop en vir Alexa gesê ek stem saam, dis fantasties. Ek en Alexa het saam gedigte vir die produksie gekies. Ek het die teks saamgestel en in ’n volgorde gesit wat die storie help vertel, want baie van die gedigte het onderliggende temas soos liefde tussen ’n ouer en ’n kind, liefde tussen verliefdes en liefde vir die land. Ek wou ’n goue draad tusen die gedigte inwerk sodat dit as ’n geheel sin maak.” – Anna Davel
Skakel na die artikel: hier!