As die aktrise Je-ani Swiegelaar ooit ’n vrou op ’n dak sou teëkom, sal sy waarskynlik sê: “Flip, vrou, klim af daar; dis nie so erg nie.” Swiegelaar tree vandeesweek op in die eenpersoonstuk Die vrou op die dak, ’n debuutproduksie op die Momentum Beleggings Aardklop-kunstefees in Potchefstroom.