Die stuk speel af in 1936, kort ná die Groot Depressie, in ’n tyd waar akteurs nog van dorp tot dorp gereis het. Danté du Pré en sy brandarm toneelgeselskap besoek ’n klein dorpie en berei voor om hulle stuk Elkeman op die ou, verwaarloosde Katolieke kerk se planke te bring. Die akteurs is moeg en uitgeteer en het nie veel hoop vir die komende vertoning nie, maar Du Pré verseker hulle dat daardie aand se optrede suksesvol gaan wees. Verskeie struikelblokke staan egter in die pad van die geselskap se sukses en hulle plaas hulle vertroue in die ryk, slinkse vrou van een van die spelers.
Skakel na die artikel: hier!