Rust en Lotz ontspan ook met misdaadstories

Glo dit of nie: Madelein Rust en Marie Lotz, albei onder Suid-Afrika se voorste misdaadfiksieskrywers, ontspan deur ware misdaadstories op televisie te kyk of boeke daaroor te lees.

Rust het Woensdag by die Momentum Beleggings Aardklop-kunstefees in Potchefstroom gesê sy raak die maklikste aan die slaap terwyl sy ’n “ware sessie moord en doodslag” op televisie kyk. “Ek ontlaai ook deur naald- of borduurwerk te doen, want dan staan my kop stil. Wanneer ’n boek egter die einde nader, dink ek aan die volgende moord terwyl ek ’n blommetjie borduur.”

Skakel na die artikel: hier!

Scroll to Top