Kom kuier saam rondom ’n jam-sessie soos van ouds. Leon Gropp gaan elke aand ’n musikantvriend of drie nooi om by hom aan te sluit op die verhoog, en dan word daar gesing en instrumente gelooi soos vroeër jare. Geen voorbereiding, geen teks, geen voorbehoud. Net ’n impromptu-jam saam met vriende.
Met: Leon Gropp en gaskunstenaars wat o.a. Jakkie Louw, Pieter Smith, Jacques de Villiers (Joshua na die Reën) en Janie Bay insluit.
Komponis/Oorspronklike musiek: Verskeie
Samesteller: Leon Gropp
The Roots-tuin
Kontemporêr
Afrikaans en Engels
Geen o.18 (A)
90 minute
24-28 Sept. 19:00
R120, R100 (Hartsvriende)