Ná twee suksesvolle jare met Afrikaans, taal van my hart by onder meer die KKNK, Vrystaat Kunstefees, Atterbury-teater en vele ander plekke moes Mathys Roets en Jacobus Silwer eenvoudig ’n opvolgvertoning skep met nóg van Suid-Afrika se grootste treffers uit die verlede en die hede. Daar is soveel onthou-liedjies dat een vertoning net nie genoeg is nie! Afrikaans, taal van my hart 2 gee erkenning aan die helde van musiek in ons taal. Die musiek- en liriekskrywers wat in ons geheue vasgebrand is as die Grotes wat Afrikaanse musiek tot hier gebring het en ook vorentoe geneem het.
Met: Mathys Roets en Jacobus Silwer
Konservatorium
Kontemporêr
Afrikaans
Gesin
90 minute
26 Sept. 10:00
27 Sept. 13:30
28 Sept. 13:30
R180, R160 (Hartsvriende, pensioenarisse)