Amanda Strydom skryf ’n brief aan haar vriend Ralph Rabie, beter bekend as Johannes Kerkorrel, wat vanjaar 22 jaar gelede oorlede is en bring hulde aan ’n ikoon wat ons te vroeg verloor het. Coenraad Rall en Leon Gropp kleur hierdie aangrypende produksie in met ’n musieklandskap gekomponeer deur Rall, en ook die liedjies van Kerkorrel, Strydom en Koos du Plessis. Hoe ons voel is benoem vir ’n Woordtrofee vir beste musikale produksie by die Woordfees in 2023.
Met: Amanda Strydom (kunstenaar en sanger), Coenraad Rall (pianis, musikale regisseur en sanger) en Leon Gropp (kitaarspeler en sanger)
Teks: Amanda Strydom
Komponis/Oorspronklike musiek: Johannes Kerkorrel, Amanda Strydom, Koos du Plessis en Coenraad Rall
Regie: Amanda Strydom en Saartjie Botha
Musiekregie: Coenraad Rall
Stelontwerp: Saartjie Botha
Vervaardiger: Amanda Strydom
Totius-saal
Musiekteater
Afrikaans en Engels
Geen o.10 (I)
70 minute
24 Sept. 13:00
25 Sept. 10:00
26 Sept. 16:00
27 Sept. 13:00
R210, R190 (Hartsvriende, pensioenarisse)