André Schwartz – Gesigte

André Schwartz se Gesigte debuteer vanjaar by Momentum Beleggings Aardklop. Die teks en meegaande gedigte is deur André geskryf en is ’n vertelling van “gesigte” wat ’n rol in sy lewe gespeel het. Persoonlik, diep, roerend en soms ook
amusant. Hy vertel die stories wat elke gesig oproep en verwesenlik. Die reuke, die gesprekke, die musiek en die uitkoms.

Schwartz speel klavier en sy medekunstenaar op die verhoog is die kitaarspeler Ruben Gerritz.

Die storievertelling word ondersteun deur multimedia-beelde, ’n uitvloeisel van die samewerking tussen die bekroonde internasionale skilder André Serfontein en die
toonaangewende digitale kunstenaar Seun op Aarde.

Kwesbaar, visueel en treffend.

Met: André Schwartz (sang en klavier) en Ruben Gerritz (kitaar)
Teks: André Schwartz
Regie: Etienne Puren
Musiekregie: André Schwartz
Stelontwerp: André Serfontein en Seun op Aarde
Vervaardiger: André Schwartz Music, Marketing and Movies

Totius-saal

Musiekteater
Afrikaans en Engels
Gesin
80 minute

25 Sept. 16:00
26 Sept. 19:30
27 Sept. 10:00

R210, R190 (Hartsvriende)

Scroll to Top