Wouter van de Venter (van “As die hippies begin dans”- en “Beste vriende”-faam) met sy rasperstem en verstommende kitaarspel, en Clinton Waring (bekroonde pianis en begeleier) met sy fluweelstem en klavierspel, bied met hierdie musiek-ode ’n intieme openbaring van die mens en vriendin agter Suid-Afrika se geliefde sangeres en ikoon Laurika Rauch. Aangrypende nuwe verwerkings van treffers soos “Die gang” en “Op Blouberg se strand” beloof om ’n hoendervel-mooi ervaring te wees en fabelagtige weergawes van onder meer “Toemaar die donker man” en “My ou tante Koba” neem gehore op ’n herinneringsreis wat die hartsnare sal roer. In hierdie terugblik van Wouter en Clinton se sewe jaar van optredes saam met Laurika – van Rustenburg tot die Royal Albert Hall in Londen en van Worcester tot Wembley – word staaltjies en herinneringe van hul orkesjare saam vertel wat nog nooit tevore gehoor is nie. Gehore hoor ook meer oor waar en hoe die legendariese liedjieskrywer Christopher Torr met lirieke vorendag gekom het vir bekende liedjies soos “Stuur groete aan Mannetjies Roux”.
Met: Wouter van de Venter en Clinton Waring
Teks: Anel Wood
Komponis/Oorspronklike musiek: Laurika Rauch
Regie: Anel Wood
Musiekregie: Wouter van de Venter en Clinton Waring
Stelontwerp: Anel Wood, Wouter van de Venter en Clinton Waring
Vervaardiger: Wouter van de Venter en Clinton Waring
Totius-saal
Kontemporêr
Afrikaans en Engels
Gesin
80 minute
24 Sept. 16:00
25 Sept. 19:30
R180, R160 (Hartsvriende, pensioenarisse)