Charl du Plessis Trio: Vivaldi Vier Seisoene

Die Charl du Plessis Trio speel vir die eerste keer ’n nuwe jazzweergawe van Vivaldi se Vier seisoene. Dié veelbekroonde ensemble blaas nuwe lewe in een van die mees geliefde klassieke werke, met die unieke ritmes en virtuose verwerkings waarvoor hulle bekendheid verwerf het. Die vier dele van Vier seisoene word in die oorspronklike volgorde gehoor, maar word telkens afgewissel met ’n bekende lied uit die jazzskatkis wat elke seisoen uitlig. Die verfynde kuns van improvisasie word op meesterlike wyse ten toon gestel in ’n musikale ervaring vir die fynproewer, met die Steinway-kunstenaar Charl du Plessis, kontrabasspeler Werner Spies en tromspeler Peter Auret.

Met: Charl du Plessis (klavier), Werner Spies (kontrabas) en Peter Auret (tromme)
Komponis/Oorspronklike musiek: Antonio Vivaldi
Musiekregie: Charl du Plessis
Vervaardiger: Charl du Plessis Productions

Konservatorium

Klassiek
Geen o.12
75 minute

25 Sept. 13:30
26 Sept. 19:30
27 Sept. 10:00

R200, R180 (Hartsvriende)

Scroll to Top