Coenie de Villiers: Op ’n eiland

Musieklegende Coenie de Villiers lig vir die eerste keer die sluier oor sy musiekjare op die eiland Ciprus. Kom saam op reis en hoor die stories agter die stories van die liedere uit hierdie tydperk. Die tagtigerjare was ’n era waarin hy op Ciprus en in Athene, Griekeland, van sy suiwerste komposisies geskep het. Daar is boonop ook die bonus van nuwe materiaal uit sy pen. Dis die klassieke De Villiers wat oor dekades terugkyk en sy loopbaan deur die bril van vars komposisies opsom. Kitaarmaestro Mauritz Lotz sluit op die verhoog by hom aan.

Met: Coenie de Villiers, Mauritz Lotz
Teks: Coenie de Villiers
Komponis/Oorspronklike musiek: Coenie de Villiers
Regie: Coenie de Villiers
Musiekregie: Coenie de Villiers
Vervaardiger: CDV Market Ideation Edms. (Bpk.)

Totius-saal

Kontemporêr
Afrikaans
Ouerbegeleiding
70 minute

25 Sept. 13:00
26 Sept. 10:00
28 Sept. 16:00

R210, R190 (Hartsvriende, pensioenarisse)

Scroll to Top