Dana Snyman en Bun Booyens: Diens of plig?

In Dana Snyman se memoir, Seun, onthul hy staaltjies uit sy lewe waaroor hy nog nooit voorheen gepraat het nie, vernaam uit die 80’s, toe die Voëlvrytoer, AWB-saamtrekke en diensplig nog deel van die Suid-Afrikaner-psige was. Hy en Bun Booyens gesels – oor sy eie boek en ook oor Troep!, Booyens se boeiende versameling stories van meer as ’n honderd oud-troepe, en wat dié veterane als onthou van diensplig, varkpanne, rat packs en ‘n naweekpas.

Gespreksleier: Danie Marais

The Roots-tuin

Gesprekke
Afrikaans
Ouerbegeleiding
60 minute

26 Sept. 17:00

R120, R100 (Hartsvriende)

Scroll to Top