Dis ’n storie oor die kollig,
dis ’n storie oor groot roem.
Patrys wil dit hê.
Haar pa wil dit verdoem.
Deon Meyer en Coenie de Villiers keer ná hul sensasionele Karoo Suite-vertonings terug met die verhaal van ’n man en sy musiek – en die hersenskim van roem, soos net hierdie twee meesters kán. Van die land se heel beste akteurs en musikante werk saam op die verhoog, met ’n verhaal wat in die Karoo wegspring en uitspeel in die glans van die groot stad se liggies.
Met: Anrich Herbst, Eldon van der Merwe, Daneel van der Walt, Nelandi Boshoff, Blake Hellaby en Mauritz Lotz
Teks: Deon Meyer
Komponis/Oorspronklike musiek: Coenie de Villiers
Regie: Nicole Holm
Musiekregie: Coenie de Villiers
Stelontwerp: Stefan Benadé en Nicole Holm
Verhoogbestuurder: Mariska Meyer
Vervaardiger: KKNK in samewerking met Coenie de Villiers en Deon Meyer
Moontlik gemaak deur: NATi
Ouditorium
Musiekteater
Afrikaans
Gesin
90 minute
24 Sept. 19:00
25 Sept. 09:30
26 Sept. 19:00
27 Sept. 15:00 en 19:00
28 Sept. 09:30
Voor
R220, R200 (Hartsvriende, pensioenarisse)
Agter
R180, R160 (Hartsvriende, pensioenarisse)