Die groot finale

Hierdie besondere opera-konsert bied ’n uitsonderlike ervaring met opwindende musikale finales en hoogtepunte van meesters soos onder andere Mozart, Haydn, Verdi en Wagner. Die soliste en koor sluit personeel en studente van die Noordwes-Universiteit se Skool vir Musiek in. Onder leiding van Conroy Cupido, bekwame musikale direkteur en dirigent, beloof hierdie produksie ’n onvergeetlike aand. Die koor en soliste word bygestaan deur Tinus Botha en Megan-Geoffrey Prins op klavier en Magda de Vries op timpani. Die legendariese Suid-Afrikaanse sanger Coenie de Villiers belig die musikale items. Die sangdepartement van die NWU is bekend vir hul uitstaande produksies, waarvoor hulle al vir twee kykNET Fiëstas benoem is. Maak seker jy bespreek jou kaartjie betyds. Dankie aan die ATKV vir hul ondersteuning om hierdie konsert moontlik te maak.


Met: Coenie de Villiers (voorleser), Conroy Cupido (dirigent), Tinus Botha (klavier), Megan-Geoffrey Prins (klavier), Magda de Vries (timpani) en soliste en koor met personeel en studente van die Noordwes-Universiteit se Skool vir Musiek
Komponis/Oorspronklike musiek: Onder andere Mozart, Mendelssohn, Haydn, Verdi en Wagner
Musiekregie: Conroy Cupido
Vervaardiger: Conroy Cupido (NWU Skool vir Musiek)
Moontlik gemaak deur: ATKV

NG Kerk Miederpark

Klassiek
Meertalig
Gesin
70 minute

26 Sept. 16:00
27 Sept. 16:00

R220, R200 (Hartsvriende, pensioenarisse)

Scroll to Top