Twee ou mense, opgewonde, in afwagting op hul groot aand wanneer die ou man sy lewensfilosofie, waaraan hy 93 jaar reeds poets, op genooides gaan loslaat. ’n Toestroming van gaste uit alle lae van die samelewing, onder wie die president, maak hul opwagting by die vuurtoringhuis op ’n afgesonderde eiland. Om almal te kan akkommodeer, verg stoele en nogmaals stoele. Maar die gaste is onsigbaar. En die ou man kan nie self sy boodskap oordra nie. En hy het iemand gekry om namens hom te praat.
Die produksie het die Kanna vir beste produksie by die KKNK ontvang en Antoinette Kellermann en Chris van Niekerk onderskeidelik die Kanna vir beste aktrise en beste akteur in ’n hoofrol. Marthinus Basson is benoem vir ’n Kanna as beste regisseur en vir beste tegniese bydrae.
Met: Antoinette Kellermann, Chris van Niekerk en Lindokuhle Melaphi
Teks: Eugène Ionesco, vertaal deur Nerina Ferreira
Regie: Marthinus Basson
Stelontwerp: Marthinus Basson
Verhoogbestuurder: Nicolaas de Jongh
Vervaardiger: KKNK
Moontlik gemaak deur: NATi, ondersteun deur Momentum Beleggings Aardklop en die Vrystaat Kunstefees
Elgro Hotelsaal
Tragikomedie
Afrikaans
Geen o.10 (I)
110 minute
24 Sept. 09:30
25 Sept. 14:30
26 Sept. 19:00
27 Sept. 09:30
28 Sept. 19:30
R210, R190 (Hartsvriende, pensioenarisse)